Musteklogo
Finansiële advertensies gesog
Thursday, 12 November 2009 10:19
Greymatter & Finch

Mustek en Greymatter & Finch het gister met die louere weggestap by die Sake24 Finansiële Advertensie-kompetisie tydens ’n glansfunksie in Johannesburg. Mustek is bekroon as die genoteerde maatskappy wie se finansiëleresultate- advertensie se inhoud die beste was van al die genoteerde maatskappye wat in die oorsigtydperk hul finansiële resultate in die drukmedia gepubliseer het.

Hier ontvang mnr. Neels Coetzee, Mustek se finansiële direkteur, die maatskappy se toekenning van Ryk van Niekerk, nasionale redakteur van Sake24. Die advertensie-agentskap Greymatter & Finch het die visuele- kommunikasie-afdeling gewen vir die aanbieding van Sanlam se resultate.

Die kompetisie, wat sy tiende verjaardag gevier het, is daarop gemik om uitnemende gehalte in die finansiële-advertensiebedryf te bevorder. Verskeie departemente van die Universiteit van Pretoria beoordeel die advertensies. Lees die berig binne.

Die groeiende rol van maatskappye se korporatiewe handelsnaam is een van die redes hoekom toekennings om advertensies vir finansiële resultate te vereer al hoe belangriker gaan word.

Volgens mnr. Andy Rice, voorsitter van Yellowwood FutureArchitects, het die era van verbruikersaktivisme meegebring dat ’n handelsnaam wat voldoen aan beloftes nie meer genoeg is nie.

Die totale korporatiewe beeld is nou belangrik. Rice was gister die gasspreker op die tiende Sake24-toekennings vir finansiële verslagdoening. Hy het gesê korporatiewe handelsname se rol in die samelewing word ook geïllustreer deur toekennings soos dié.

Die toenemende invloed van ’n maatskappy se korporatiewe handelsnaam op sy aandeelprys word volgens Rice ook hierdeur uitgelig. “Deur uitnemende finansiëleresultate- advertensies te beloon, kan ons dié soort verslagdoening die norm maak,” sê hy. Prof. Ronel Rensburg, hoof van die departement van bemarking en kommunikasie aan die Universiteit van Pretoria, het die visuele afdeling van die kompetisie beoordeel. “Niemand het gesê finansiëleresultate- advertensies moet vervelig wees om leesbaar te wees nie,” sê sy. “Dié soort advertensies sal al hoe belangriker raak in die era van korporatiewe burgerskap en bestuur.” Die agentskap Greymatter & Finch, wat vier van die tien maandtoekennings tussen September verlede jaar en Oktober vanjaar gewen het, was eerste in die visuele afdeling van die kompetisie met sy aanbieding van Sanlam se finansiële resultate.

HKLM was met Kumba Iron Ore se resultate tweede en Motiv derde met Sappi se resultate. Prof. Herman de Jager, hoof van die departement ouditkunde aan die Universiteit van Pretoria, het die inhoud van die finansiële- resultate-advertensies beoordeel. Prof. Dieter Gloeck, ’n professor in ouditkunde aan dieUniversiteit van Pretoria, het dié afdeling se toekennings oorhandig en van die kriteria verduidelik. “Dit is kommerwekkend dat net 55%van die advertensies wat ons beoordeel het, aandui of die maatskappy se ouditverslag gekwalifiseerd is of nie,” sê Gloeck. Altesame 11% van die maatskappye dui steeds nie aan of hulle aan algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk voldoen nie en 32% verskaf geen e-pos-adres of webtuiste nie.” Mustek is se finansiële-resultate- advertensie vir die jaar tot einde Junie vanjaar is aangewys as die beste advertensie wat inhoud betref. SilverbridgeHoldingswas tweede en Exxaro derde.

 

Free Fax 2 Email

Free Fax to Email

Polls

Why did you visit the Mustek Website?
 

Anti-Theft Initiative

Enter computer/laptop/component Serial Number below...

Blubox

blubox
Mustek

Driver Repository

Download drivers from our FTP repository. We are currently working on a new driver system that will help you find latest drivers effortlessly.

Find Drivers...

Price Lists and Promotions

To help assist Dealers with the latest prices on all distributed hardware and software we have create a up to date live price list repository.

Get Pricelists...

Terms of Use

Please make sure to read our terms of use when using this website. Although we try our very best to have the most up to date and accurate content, this cannot be guaranteed.

Terms of Use...